Omtrent die gemeente
Die Volle Evangelie Kerk Hartbeespoort is ’n gemeente van die groter Volle Evangelie Kerk van God in Suider-Afrika. Die gemeente bedien die Hartbeespoort gemeenskap al vir langer as 10 jaar. Ons is een van die kleiner kerke in die gemeenskap, maar het ’n lidmaatskap van mense wat ernstig is oor die Here, en om die evangelie prakties uit te leef. Ons is ’n groeiende gemeente, en ons streef daarna om ons lidmate te bedien met die suiwer woord van God, en om relevant te wees daarin om mense toe te rus om as getuies vir Jesus Christus te leef in ’n wêreld wat doof geword het vir die Evangelie.
Ons gemeente staan onder leiding van Heilige Gees, en word bedien deur Pastoor Fanie Fourie.
Dienstye:
Erediens: Sondae, 09:00.
Jesus Liggies Sondagskool: Sondae, na afloop van die erediens.
Aanlyn Bybelstudie: Dinsdae, 19:00 via Microsoft Teams.
Metamorphosis Selgroep: Woensdae, 19:00 by die kerk.
Die werk van die Here vereis finansies, en ons neem ’n vrywillige kollekte met elke erediens. U kan ook u tiendes, offergawes en donasies elektronies deponeer na VEK Hartbeespoort, ABSA, rekening nommer 407 890 677 5.








