Jesus Liggies Kinderkerk

Dit is vir ons belangrik om ouers te assisteer daarmee om die volgende geslag kinders van die Here te rig en op te voed. Terwyl ons glo dat die primêre geestelike opvoedingstaak die ouer se verantwoordelikheid is, bied ons graag aanvulling aan. By Jesus Liggies Kinderkerk leer kinders belangrike lesse uit die stories in die Bybel, terwyl Pappa en Mamma ’n koppie koffie kan geniet na afloop van die Erediens.







