Skip to content
VEK Hartbeespoort

VEK Hartbeespoort

’n Gemeente met ’n hart vir Harties!

  • Tuis
  • Omtrent
  • Glo
  • Dienstye
  • BedieningsExpand
    • JesusLiggies
    • Bybelstudie
    • Metamorphosis
  • Betrokke
  • Kontak
VEK Hartbeespoort
VEK Hartbeespoort
’n Gemeente met ’n hart vir Harties!

Raak betrokke!

Ons is dankbaar dat jy dit oorweeg om ons te besoek. Of jy geloof ondersoek, of vir ’n geestelike tuiste soek, of bloot net nuuskierig is, ons wil jou graag ontmoet. Ons glo dat kerk iets groter is as om net ’n diens by te woon: Dit is om in geloof en ’n verhouding met die Here te groei, om verhoudings met mede-gelowiges wat die pad saam met jou sal stap, te bou en om saam te dien. By VEK Hartbeespoort sal jy mense kry wat ernstig is om jou van hulp en diens te wees in jou wandel met die Here.

Ons dienste word gelei deur Heilige Gees en ons beweeg in gehoorsaamheid aan Hom. Ons bly by die Woord, want dit is die hoeksteen van alles waarin ons glo. Ons is ’n Pinkster kerk, en gevolglik klap ons hande tydens lofsang en aanbidding.

Ons verkies dit dat jy eerder Kerk toe kom as dat jy wegbly omdat jy dalk skaam is vir jou klere! As jy Kerk toe kom is dit om ’n ontmoeting met die Here te hê, nie vir die volgende persoon om jou op jou baadjie te takseer nie. Hou dit in gedagte wanneer jy kies wat jy aantrek. Daar is nie bepalings soos dat dames ’n hoed en mans ’n das moet dra, of sulke dinge nie.

Ons dienste begin om 09:00 en hou gewoonlik nie langer as 90 minute nie, afhangende van hoe Heilige Gees dit bepaal. Ons is gewoonlik tussen 10:30 en 11:00 klaar, en drink saam ’n koppie koffie na die diens – bly gerus daarvoor en groei saam met ander gelowiges.

Ons hou gebruiklik nagmaal op die eerste Sondag van elke maand, of soos wat Heilige Gees dit op ons harte lê.

Weereens, ons wil nie dat gee jou uit die Kerk hou nie. Wat en hoe jy gee is ’n saak tussen jouself en die Here. Ons neem ’n vrywillige offergawe met elke diens, en ons het baie getuienis dat die Here diegene seën wat getrou is in hul tiendes. U kan by die deur ’n koevert neem daarvoor, of dit bloot net in die kollekte kissie plaas wanneer die geleentheid gegee word. U kan ook u tiendes en offergawes elektronies deponeer. Ons bankbesonderhede is VEK Hartbeespoort, ABSA Bank, rekening nommer 407 890 677 5. Die Bybel leer dat God ’n blymoedige gewer liefhet, en dat elkeen moet gee omdat hulle wil en nie uit dwang nie (2 Korinthiërs 9:7). Ons wil dus nie hê dat enigiemand moet gee uit ’n gevoel van verpligting nie, maar uit dankbaarheid vir die seën van die Here. Ons glo ook in rentmeesterskap en die kerkraad lewer twee maal per jaar aan die gemeente verslag van hoe finansies aangewend word.

Benewens ons erediens fokus ons ook op ons Kinderkerk, Bybelstudie en Klein Groep bediening. Ons verskaf periodiek ook ander opleidingskursusse – hou gerus ons sosiale media en die tuisblad dop daarvoor! Soos wat ons gemeente groei voeg ons relevante bedienings by wat ons lidmate en die gemeenskap kan dien.

© 2026 VEK Hartbeespoort - WordPress Theme by Kadence WP

  • Tuis
  • Omtrent
  • Glo
  • Dienstye
  • Bedienings
    • JesusLiggies
    • Bybelstudie
    • Metamorphosis
  • Betrokke
  • Kontak